NAMPO ALFA 2026
Nampo Park 2026-10-02, 08:00
About NAMPO ALFA 2026
NAMPO ALFA 2026
Die NAMPO ALFA Vee-, Jag- en Buitelewe-ekspo word van 2–3 Oktober 2026 by NAMPO Park aangebied.
NAMPO ALFA bring vee, landbou en die buitelewe-leefstyl bymekaar en skep nuwe geleenthede vir produsente, uitstallers en besoekers.
NUUT BY NAMPO ALFA!
Afrikaans @ NAMPO ALFA Musiekfees én Lofdiens
Vir die eerste keer word Afrikaans @ NAMPO ALFA musiekfees en ’n Lofdiens deel van die NAMPO ALFA-naweek.
🎶 Afrikaans @ NAMPO ALFA Musiekfees
3 Oktober | 18h30
Kom geniet ’n aand van Afrikaanse musiek, kuier en Vermaak. Die perfekte manier om jou NAMPO ALFA-dag af te sluit!
🙏 Lofdiens
4 Oktober | Gratis toegang
Sluit die NAMPO ALFA-naweek af met ’n spesiale Lofdiens en ’n oggend van geloof, musiek en saamkuier.
BESOEKERSINLIGTING
Kaartjies vir die NAMPO ALFA Ekspo 2026 en Afrikaans @ NAMPO ALFA is aanlyn beskikbaar asook by die hekke. Kaartjies is dagspesifiek.
Ekspo – Vrydag 2 Oktober: R 70.00
Ekspo – Saterdag 3 Oktober: R 70.00
KOMBO – Saterdag (Volwassene): R 250.00
Afrikaans @ NAMPO ALFA Musiekfees + Ekspo-toegang
KOMBO – Saterdag (Kind): R 200.00
Afrikaans @ NAMPO ALFA Musiekfees + Ekspo-toegang (Kinderkring)
EKSPO-URE
2–3 Oktober: 08h00–17h00
3 Oktober: Afrikaans @ NAMPO ALFA – 18h30
4 Oktober: Lofdiens – Gratis toegang
PROGRAM
Vir meer inligting oor die Jag-, Buitelewe-, Vee- en ander programme, besoek gerus:
AKKOMMODASIE
Bothaville Info Guesthouse Service bied ’n eenstopdiens vir besoekers se akkommodasiebehoeftes in Bothaville en die omliggende gebied.
NAMPO KARAVAANPARK
Vir navrae oor kampering by die NAMPO Park Karavaanpark, kontak asseblief:
Janneke Smit
T: +27 86 004 7246
E: janneke@grainsa.co.za
Location
NAMPO ALFA: Bothaville, 9660, South Africa
Book Now
Available Tickets:
| Seat Category | From | To |
|---|---|---|
| Ekspo Vrydag | R 70.00 | R 70.00 |
| Ekspo Saterdag | R 70.00 | R 70.00 |
| Musiekfees Plus Ekspo | R 200.00 | R 250.00 |
| Uitstaller Ekstra | R 70.00 | R 70.00 |